Going Backstage – For Women Only


Raak ontslae van ‘Menopause Blues’

Kry rigting vir jou volgende lewensseisoen

Vorm nuwe vriendskappe met vrouens soos jy


EVA gaan hierdie jaar sorg dat sy KOERSVAS is …

  • Weg met TWYFEL oor dinge wat sy wil/kan/moet aanpak.
  • Weg met ‘n gevoel van ‘ONSIGBAAR’ wees.
  • Weg met KLEIN JAKKALSIES wat haar vreugde steel.
  • Weg met ONSEKERHEID oor wíe sy nou eintlik is en wat vir háár saakmaak.
  • Weg met die FRUSTRASIE dat sy almal om haar ondersteun en gelukkig hou, behalwe haarself.

… en daarom VAT sy die STOFPAD na die KAROO … na RIETBRON … waar sy by haarself kan gaan ‘in-check’!

Hier gaan sy bemagtig word met kennis, ‘tools’ en insigte om daadwerklik agter die stuur van haar eie lewe in te skuif vir haar ‘PERSOONLIKE GROEIPLAN’ sodat sy haar EIE POTENSIAAL  weer herontdek en optimaal verwesenlik!

Wens jy jy kan saam met haar gaan? … Jy is genooi!  Sy maak al klaar padkos!

HOE/WAT:

Registreer hier vir ‘n 3-dag WEGBREEK VIR VROUE … en skuif so agter die stuur van jou eie lewe in!

WANNEER: 

  • Opsie 1: Donderdag 27 April – Sondag 30 April
  • Opsie 2: Woensdag 3 Mei – Saterdag 6 Mei

WAAR:

Rietbron, Karoo, (tussen Beaufort-Wes en Willowmore, Oos-Kaap, Suid-Afrika)

HOEKOM:

Dit is deel van die EVA-reeks (Susan Bezuidenhout, Pennydrop Training Solution) – omdat NIEMAND GEBORE/BESTEM is om ‘n tweedehandse lewe te lei nie!

Hierdie 3-dag wegbreek gaan jou siel verkwik en jou bemagtig met praktiese riglyne en vaardighede vir jou BESTE LEWE!

Stap weg met jou unieke, persoonlike ‘plan’ om standvastig en koervas te kan leef en groei – vir VOLHOUBARE VREUGDE en SIN-IN-JOU-LEWE ten spyte van jou eie ‘storie’ en uitdagings!

Registreer jou inligting hier sodat ons met jou kan gesels, jou vrae kan beantwoord, en verdere details te kan deurgee.

Vóór jy skuldig begin voel om hierdie vir jouself te wil doen – (ons vroue is mos geneigd om  onmiddellik op ‘n ‘guilt-trip’ te gaan as ons voel ons ‘self-indulge’ …)
… ek moedig jou aan om hierdie stap te neem …want ons kan net die beste weergawe van onsself wees (beste ma, suster, vriendin, vennoot, besigheidsvrou, huweliksmaat) as ons eie tenks gevul is!
Kom maak dus jou emosionele tenk vol op hierdie Retreat- vir die beste rente op jou persoonlike belegging!

VERDERE REDES VIR JOU OM DIE EVA RETREAT BY TE WOON:

  • Jy kan vir ‘n paar dae eenvouding net kom WEES … ‘n veilige spasie waar jy kan asemhaal, en jouself wees sonder druk om te ‘perform.’
  • Geniet KONNEKSIE met ander vroue van jou ouderdom – die Retreat is baiekeer die plek waar nuwe vriendskapsbande gesmee word.
  • Jy word BEGELEI deur ‘n ervare, persoonlike ‘coach’ en ondersteun deur ‘n unieke span vroue vir ‘n absoluut transformerende ervaring.
  • Jy raak KOERSVAS op jou lewensreis waar jy die volhoubare vreugde en vrede ervaar van ‘n lewe waar liggaam-, siel- en gees in harmonie met mekaar werk. (Jou kop, hart en hande kom bymekaar!)
  • Jy ontvang jou eie NBI Heelbrein Profiel (onderskryf deur Dr Kobus Neethling Instituut) vir insiggewende selfkennis en toepassing in jou lewe.

Die Retreat-program is ‘vloeiend’ binne die volgende oorhoofse raamwerk:

Dag 1:

  • Aankoms: 14:00 – 14:45 ‘in-settle’; Ligte verversings
  • Sessie 1 – “HALT” (Susan Bezuidenhout)
  • Pamper 
  • Aandete: 18:30
  • Sessie 1 – “HALT” vervolg

Dag 2: 

  • Stap/Piekniek: 08:30
  • Sessie 2 – “HERSTEL” (Susan Bezuidenhout)
  • Middagete: 13:00
  • Sessie 2 – “HERSTEL” vervolg
  • Pamper
  • Aandete: 18:30

Dag 3:

  • Strek/Asemhaling: 09:00
  • Ontbyt: 10:15 
  • Sessie 3 – “HERWIN” (Susan Bezuidenhout)
  • Middagete: 13:30
  • Kunsterapie: 14:45 – 18:00 
  • Aandete (Braai): 19:00

Dag 4: 

  • 07:00 – 13:00
    • Sessie 4 – “VerHEUG” (Susan Bezuidenhout)
    • Ontbyt
    • ‘Makeover’
    • ‘Handcraft’ 
    • ‘Photoshoot’
  • 13:00 – Afsluiting en Middagete
  • 13:30 – 14:00 Vertrek

Verdere agtergrond oor die ontstaan van die Retreat:

As fasiliteerder van die Retreat, getiteld, EVA skuif agter die stuur van haar lewe in is ek altyd op soek na die geskikte venue waar vroue kan bymekaarkom vir hierdie persoonlik-transformerende proses.

My pad het einde 2022 gekruis met Rietbron en sy mense (in besonder met Karien J. van Vuuren) – en dit was net ‘n onmiddellike ‘a-ha’! oomblik.

Ek het dadelik die stille wete ervaar dat dit híér is waar die retreat haar plek gaan vind as ‘n unieke jaarlikse kalender event!

Sien jou daar!

Groete,

Sue en die Retreat Span (sien biografiese inligting oor elkeen aan die einde van die blad)


This is a ‘backstage’ space dedicated to every woman in business – a space where it is personal, real, and unique!

The space is owned by Pennydrop Training Solution and is titled, EVA – Diva Detected!

In Afrikaans, our EVA acronym represents, ‘Ek. Vrou. Aanwesig.’
Translated in English, it boils down to, ‘Me. Woman. Present.’

Because here’s the thing, – we as women are the “Emotion Managers” of life, right?! If WE don’t ‘keep- it-together’ then all fall … 

… and in our quest to be the master juggler-of-all … we often get ‘lost in translation’ – and we become ‘absent’ from our own lives!

We get to mid-life and suddenly we don’t know who we are anymore, or what we like, or what we are good at … or what is our true worth and identity …

… we are on ‘auto-pilot’, and we run our careers/businesses full-out on an empty emotional tank – and start believing it is okay, because we are actually exceptionally good at it!

The EVA series was created to say STOP! NO MORE ‘sacrificing-all-in-the-name-of-your-career’ OR ‘leading-everyone-else’s- life-and-being-absent-from your own!’

This series is an enabler for women who want to claim back their identity, experience sustainable joy, experience flow and ease in their lives and walk in their purpose they were born and destined to fulfill! … 

Women who simply want To Be … Ek. Eva. Aanwesig.

Die Retreat Span:

Susan (Sue) Bezuidenhout 

(Pennydrop Training Solution en A Life Worth Living SA


Ek glo dat NIEMAND geroepe is om ‘n tweede handse lewe te lei nie! 

Daarom is ek passievol en toegewyd om ‘n persoonlike leierskap in mense te ontwikkel sodat hul hul volle potensiaal kan bereik en die beste weergawe van hulself te kan wees. 

Susan (of Sue, soos baie haar ook ken) is die eienenaar en stigter van Pennydrop Training Solution asook mede-eienaar en stigter van A Life Worth Living SA
Susan is ‘n gekwalifiseerde Hoërskool onderwyseres, wat egter die onderwys vroeg in haar loopbaanlewe vaarwel geroep het en haar as opleier in die korporatiewe mark gevestig het, en waar sy onder andere Hoof van Opleiding by Momentum Lewens was. 
Sy het haar Honneursgraad in Bedryfs- en Organisasiesielkunde. 
Sy is ‘n gelisensieerde John Maxwell (wêreld se #1 in Leierskapontwikkeling) spreker, opleier en ‘coach’, asook ‘n Heelbrein Praktisyn geakkrediteer deur die Kobus Neethling Instituut – en beskou haarself as ‘n ‘lifelong learner.’ 
Sy is ‘n entrepreneur al vir meer as 14 jaar en fasiliteer en werk saam met spesialiste om werkwinkels, een-tot-een sessies, of ‘Retreats’ te fasiliteer en aan te bied. Daar word kennis en vaardighede oorgedra sodat ander, (hul omstandighede en ‘life’s curve balls’ ten spyt), sukses kan bereik omdat hul sterk is in liggaam, siel en gees met ‘n innerlike, standhoudende vreugde en vrede wat die ‘petrol-in-hul tenk’ is! 


Karien J Van Vuuren

Eienares, Gastehuise op Rietbron

Omdat die dorp Rietbron net bereik kan word met grondpaaie, is dit redelik afgeleë en stil.

My twee gunsteling uitgangspunte, “moenie dat jou beperking jou inperk nie” en “kom ons werk met wat ons het”, is iets wat ek elke dag ervaar en my geleer het om my lewe, op die oog dalk so beperk, voluit te leef en te benut.

Ekself woon al 23 jaar op die plaas, Uitkoms, 19km buite die dorp. In my lewe voor Rietbron was ek ‘n onderwyseres, maar sedert ek my hier gevestig het, is ek hoofsaaklik vrou van my beminde boer, ma van 3 pragtige kinders, ‘n tuinier… en “jack of all trades, master of none”.  

Ek het nog altyd ‘n bekoring vir klein dorpies gehad, maar dit was veral in die onlangse groot droogte dat ek met nuwe oë na die waarde van ons dorpie en gemeenskap kyk.  Ons was geseën met vele droogteskenkings en besoekers wat gekom het om ons te bemoedig. Dit het my opgeval dat, male sonder tal, besoekers meer bemoedig hier weg is, as wat die oorspronklike bedoeling van die besoek was.  Die rede, ons gemeenskap se warm harte, sprankelend in ‘n eenvoudige, uitdagende omgewing, oop hande wat wil gee, en natuurlik die nabyheid aan die natuur en ons Hemelse Vader.  

Met die tyd het ek n visie ontwikkel om ons omgewing se kwaliteite visueel uit te beeld in die dorp, aan die hand van hoofsaaklik algemene versorging en die hervestiging van aangepaste plante in die dorp, en in die proses vir inwonders en besoekers hoop te gee. En die uitdaginig…. Moenie oorleef nie, floreer!!  

My gastehuise (LeinaD en Ouma Rika) is my persoonlike spasie waar ek my kreatiwiteit kan uitleef, ter selfde tyd ander bedien en deel van die fondse weer na die dorp kanaliseer.  Ek nooi julle om vir ons te kom kuier, ons eenvoud te geniet en die spasie te gebruik om by jouself en die Vader se doel vir jou lewe, uit te kom.


Laantie le Roux

Kunsterapie

Laantie le Roux, ‘n tuisteskepper en gasvrou by haar warm, gesellige tweeslaapkamer gastehuis, genaamd “Soozie’s little house of hope”, is ma van drie volwasse kinders en ouma van sewe kleinkinders.  

Sy geniet dit om tuin te maak en te skilder en het ‘n hart vir mense, veral mense wat swaarkry. Kinders is vir haar  baie spesiaal.

Sy het die behoefte raakgesien en begin om vroue in haar dorp weer hoop te gee deur middel van kreatiewe klasse met kwas, verf en woorde. Sy is ook ‘n digter van formaat en skryf graag oor dit wat sy ervaar in die lewe. Dit help met haar eie genesingsproses na trauma wat sy self ervaar het. Laantie inspireer graag ander om hoër hoogtes te bereik en beter te voel oor hulself en hul omstandighede.  

Sy is lief vir stories. Lees graag die gedigte wat sy skryf voor aan luisteraars. Heelwat van haar gedigte is al gepubliseer. Haar droom is om ‘n solo digbundel uit te gee. Sy is ook tans besig om ‘n boek oor haar lewe en wedervaringe te skryf wat sy hoop om gedurende 2023 te voltooi. Onlangs het sy deelgeneem aan ‘n skryfprojek saam met ander skrywers wat haar lewe verryk het.

Liefdadigheid en omgee lê haar na aan die hart en sy neem graag deel aan projekte in haar dorp om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

Sy is die outeur van ‘n kinderboek, naamlik “Worteltoon”, wat in (2019) gepubliseer is en waarvan sy self die illustrasies gedoen het. Om illustrasies vir kinderboeke te doen, laat haar van die werklikheid ontsnap, maar is iets waarvoor sy deesdae min tyd kry.

Sy klou vas aan haar geloof en kan getuig dat God haar telkens uit donker dieptes uitlig na die Lig, en dit is daardie Lig wat sy ook in ander se lewe wil bring.


Marquerite Eybers

Geskenkgewer

Ek is ‘n grondslagfase jufffrou in Rietbron. My passie is om met kinders te werk, te draf en om geskenkies aan mense te gee. Ek glo elke mens is vir ‘n spesifieke doel hier op aarde geplaas en dis jou plig as vrou om voluit te leef en jou passie te ontdek. Wees eenvoudig net jouself en gryp elke geleentheid aan, want ons leef egter net een keer!


Jané Smit

Fotograaf (Lume Photography)

Ek is ‘n jong, passievolle vrou wat altyd gereed staan vir enige uitdaging, eintlik altyd voor staan om die uitdaging aan te vat.

Ek is lief vir mense en lief vir my land en ek glo as ons almal saam staan, kan ons die wêreld verander. Niks is te klein of te groot vir Hom wat ons krag gee nie.

Leef en laat leef. Wees lief en wees lig.


Jhanecke Eybers

Biokinetikus

Ek werk deeltyds by my eie praktyk as Biokinetikus. Ek het ‘n passie om mense te help en glo dat gesondheid oor balans gaan- Iets wat bereikbaar is vir almal.

Ek geniet dit om ander dae ‘n Boervrou te wees. Ek hou van kosmaak, bak, kreatief wees en ek help graag waar ek kan.


Jurizma van der Bank

Massering en Skoonheid (Karoo Touch) 

Ek is ‘n passievolle vrou in die skoonheidsindustrie.

Ek is passievol oor my produkte en die natuurlike manier waaorp dit lewens verander en transformer. 

Ek het ook ‘n groot liefde om veral vrouenes te bederf en hulle opnuut te kom wys dat elkeen ‘n unieke, innerlike skoonheid het wat waardig is om waardeer, bederf en gesien te word!

God sê reeds in Efesiërs 2:10 “Ons is Sy Messterstuk …” en ek wil hê elkeen met wie ek in aanraking kom moet daaraan vashou … En glo!

God het elkeen uniek gemaak, volgens Sy beeld … Jy is pragtig! Leef dit!


Linda Matthee

Fisioterapeut

Ek is ‘n mamma, fisioterpeut en boer se vrou. Dit is my voorreg om met mense te werk en ek probeer om pyn en beweging te verbeter deur mobilisasie, massering en oefeninge.

MOTION IS LOTION!

Ek is oortuig dat ons moet aandag gee aan die basiese belangrike boustene vir ons gees, siel en liggaam: gesond eet, beweeg, genoeg rus, tyd spandeeer met ons Koning, sodat ons kan groei, vrugte in orvloed dra en Hy daardeur verheerlik word!


Marietjie Greef

Naeltegnikus

Ek is ‘n boervrou in murg en been. Ma-en-vrou wees is my passie. Groen vingers in ‘n rooskleurige tuin maak my hart vol. Die reuke en geure uit my plaaskombuis maak ander, en dan ook vir my, gelukkig.

Die Here het vir ons hande en voete gegee om die dag se taak te verrig. Daardie hande en voete verdien sou nou en dan ‘n blaaskans en daarom wil ek jou bererf, liewe vrou.

Kom haal asem en herinner jouself aan God se goedheid.


Karen Eybers,

Grimering

My naam is Karen Eybers en ek glo daarin dat ń vrou tyd moet maak vir haarself en haar verhouding met haar skepper God styf teen haar hart dra en ook voluit laat uitstraal.

My passie is kinders en die welstand van ander.

Ek put groot genot daaruit om vroue te help om die mooiste en beste weergawe van haarself te wees en ek leef my passie om kinders op te voed en te help om hul volle potesiaal te bereik.

Grimering is ‘n kragtige manier om effektief iets uniek oor jou innerlike self te openbaar, dit gaan nie daaroor om een na iets anders te transformeer nie, maar om jou innerlike self toe te laat om met selfvertroue te skyn.

As dit jou mooi laat voel, doen dit!