
Is jy ‘n vrou tussen 45 en 65 wat nog BAIE lewe en vonk in jou oor het, NIE gereed is om op te hou werk of groei nie, of net prakties toegerus wil wees om jou volgende lewensseisoen jou BESTE nog te maak!? Dan is hierdie Retreat vir jou!
- Ervaar jy ‘n smeulende ontevredenheid met die wêreldse oortuigings dat menopause die begin van die einde is?
- Wil jy glo dat daar nog ‘n lewe in oorvloed is wat vir jou wag en dat jy NIE die vreugde daarvan wil misloop nie?
- Wil jy die ongemak van ‘n ouer lyf beter kan bestuur en menopause hickups and blues oorwin?
- Wil jy jou losmaakvan die gevoel dat jy op auto pilot is met ‘n emosionele tenk wat leeg voel?
- Voel jy rigtingloos en altyd aan die hol, en dat jy nooit uitkom by dinge wat werklik vir jou belangrik is nie?
- Het jy behoefte aan ‘n nuwe visie en stukrag vir jou lewe?
- Verlang jy na dieper verbintenisse en vriendskappe met vroue soos jy?
- Wil jy duidelikheid kry oor hoe om die EK-ONS-WERK-sfere van jou lewe suksesvol te integreer sonder om jou aspirasies en drome op te gee?
Dan is dit tyd vir jou om ‘n definitiewe ‘RATVERWISSELING’ te doen!
Spring in die spreekwoordelike PIENK CADILLAC en begin ‘n persoonlike, transformerende reis na ‘n lewe van sukses en vervulling!
Die Cadillac is dakloos, en sy enjin brul reeds!
Moenie uitmis nie – Daar is plek vir slegs 8 – 12 vroue per retreat!

Die unieke PINK CADILLAC Coaching Retreat bied ‘n veilige en ontspannende ruimte waar vroue tussen 45 en 65 holisties hul tenks kan kom volmaak – liggaam, siel- en gees.
Jy sal aktief en kundig afgerig, toegerus en geïnspireer word om ‘n vrou te wees wat bekwaam en bemagtig is om voluit en vreugdevol te leef — jou uitdagings, omstandighede en eie storie ten spyt!
As jy dink …
JA, EK IS GEREED – DIT IS TYD VIR ‘N SINVOLLE ‘TO ME FROM ME’#Ratverwisseling vir MyBesteLewe!
Die Pink Cadillac Retreat word aangebied en gefasiliteer deur Susan Bezuidenhout (PENNYDROP TRAINING SOLUTION) in samewerking met geselekteerde gassprekers, spesialiste en diensverskaffers.


Die PIENK CADILLAC Retreat-raamwerk
KOM LOS UIT ‘TRU-RAT’ – Haal Uit en Herwin
- Hef op die gewig van verantwoordelikheid
- Laat gaan! en Laat Groei!
- Herwin jou identiteit en bevestig jou eiewaarde
MOENIE VASHAAK IN ‘NEUTRAAL’ NIE! – Herlaai en Hernu
- Verkwik en versterk jou liggaam
- Steek weer die vuur van passie en doelgerigtheid vir jou lewe en werk aan
- Fokus op herlewing en opbouingvan verhoudings
‘VORENTOE’ IS DIE ENIGSTE RAT! – Haal Oor en Hou Koers
- Karteer ‘n persoonlike groeiplan vir jou beste lewe
- Trek jou nuwe kleed van gevestigde identiteit en doelgerigte optrede aan
- Skakel oor na eerste rat en versnel die reis na sukses en sinvolle bestaan!
RETREAT BONUSSE
- 2 x NBI© (Neethling Brain Instrument) profiele en insigte wat jou unieke heelbreindenkvoorkeure en verhoudingstyl dek.
- Hoofsprekers en diensverskaffers vir holistiese groei en ‘pamper’ (liggaam, siel, gees)
- 3 x post-Retreat groep coaching sessies aanlyn.
Getuigskrif
Datums en plekke:
30 Oktober tot 02 November, Loxton, Noord-Koop, Suid-Afrika
Registreer vandag jou belangstelling – slegs 8 tot 12 plekke beskikbaar!


HOE/WAT:
Registreer hier vir ‘n 3-dag COACHING RETREAT vir vroue tussen 45 en 65 wat die HITTE van die middeljare wil LAWE en KOOK vir hul beste lewe nog!
WANNEER/WAAR
30 Oktober tot 02 November, Loxton, Noord-Koop, Suid-Afrika
HOEKOM:
Die Retreat-kurrikulum word besit deur Pennydrop Training Solution en is deel van die EVA – Diva Detected! reeks slegs vir vroue.

In Afrikaans verteenwoordig ons EVA-akroniem, ‘Ek. Vrou. Aanwesig.’
Want hier is die ding, – ons as vroue is die “Emosiebestuurders” van die lewe, nie waar nie?! As ONS nie dinge bymekaar hou nie, rafel dinge uit vir almal!
… en in ons strewe om al die balle ewe goed in die lug te hou … raak ons dikwels êrens langs die pad self verlore – en afwesig in ons eie lewens!
Ons tref ons middeljare, en skielik word ons gekonfronteer met ons innerlike vrou wat vra: ‘Is dit nou dit?’
Ons besef ons weet nie meer wie ons is nie, of waarvan ons hou, of waarmee ons goed is nie … ons sukkel soms met die verstaan van ons eiewaarde en identiteit.
Ons tree op soos Superwoman terwyl ons uitgeput en oorlaai is – ons begin glo dit is oukei om so aan te hou – en ignoreer die gevaartekens van burnout.
Die EVA-reeks is geskep om jou te help standunt inneem en sê:
STOP!
- hierdie opoffer van alles-in-die-naam-van-jou-loopbaan of status
- om ander se drome en lewens te steun ten koste van jou eie sielsverkwikking en persoonlike groei.
Hierdie reeks is ‘n bemagtiger vir vroue wat,
- ‘UIT DIE WAGKAMER VAN HUL LEWENS WIL KOM’ om hul identiteit terug te eis,en VOLUIT te leef met volhoubare vreugde en vloei ten spyte van uitdagings.
- Eenvoudig net wil ‘WEES’ … Ten volle vrou en ten volle teenwoordig!
- Nie bereid is om in hul middeljare te aanvaar dat ‘dit al is waartoe die lewe gaan kom nie!’, maar wil wandel in hul skeppingsdoel waarvoor hul gebore is en bestem is om te vervul! …
Hierdie 3-dag wegbreek gaan jou liggaam, siel en gees verkwik.
- Dit gaan jou versterk met praktiese riglyne en vaardighede om SUKSES en BETEKENIS in jou professionele sowel jou persoonlike lewe te ervaar!
- Jy sal wegstap met jou unieke GROEIPLAN om, ten spyte van jou eie lewensdraaiboek en uitdagings, sterk en standvastig te kan groei na ‘n lewe gevul met VOLHOUBARE VREUGDE en aksies wat BETEKENIS vir jou lewer.
Registreer jou inligting hier sodat ons met jou in verbinding kan tree, jou vrae kan beantwoord en verdere besonderhede kan deurgee.
Klik hier om jou inligting te registreer
Voordat jy skuldig begin voel omdat jy dit vir jouself wil doen – (ons vroue is geneig om gewetenswroeging te ervaar sodra ons voel ons belê in selfontwikkeling…) … wil ek jou aanmoedig om hierdie stap te neem … want jy kan net die beste weergawe van jouself wees (beste ma, suster, vriendin, lewensmaat, sakevrou, eggenoot, transformerende ‘menopuaser’) wanneer jou eie tenk vol is!
Kom vul jou KOP, HART en GEES op hierdie Retreat – sodat jou HANDE EN VOETE gerig kan wees vir ‘n standvastige lewe wat jou die beste opbrengs op ‘n persoonlike belegging sal lewer!

Die Retreat Span:
Aanbieder:

Susan (Sue) Bezuidenhout
(Pennydrop Training Solution)
Ek glo dat NIEMAND geroep is om ‘n tweederangse lewe te lei nie!
Daarom is ek passievol en toegewyd om persoonlike leierskap in mense te help ontwikkel sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik, en die lewe kan lei waarvoor hulle geskape en geroepe is!”
Johannes 10:10. Die volle vers lui: “‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Hierdie vers is ‘n vers wat God van 20 jaar gelede op my pad geplaas het – dit spoor my altyd aan om nooit iets anders te glo as dat God se plan met my is om die lewe te hê, en dit voluit te hê nie.
Ek glo Hy het my geroep om ‘n JOY Ignitor en Ploegland vir Verandering te wees.
Daarom is my gunsteling intervensie transformerende Retreats.
Susan (of Sue, soos baie haar ken) is die eienaar en stigter van Pennydrop Training Solution sowel as A Life Worth Living SA. Sy het vroeg in haar loopbaan die korporatiewe wêreld betree waar sy haarself as opleier en coach gevestig het, en onder meer opleidingshoof by een van die grootste versekeringsmaatskappye in Suid-Afrika was. Sy is al meer as 17 jaar lank ‘n entrepreneur.
Sy het ‘n Honneursgraad in Bedryfs- en Organisasiesielkunde, en is ‘n spreker, coach en opleier wat internasionaal gesertifiseer is deur Dr. John Maxwell (die wêreld se #1 spesialis in Leierskapsontwikkeling). Sue is ook deur die befaamde Dr Kobus Neethling Instituut geakkrediteer as ‘n heelbrein-praktisyn.
Sue koester die vroeë oggendure as ‘n tyd waar sy net eers met ‘n koppie koffie in die hand kan ontwaak, bid, dagdroom, en die dag se skedule bedink voordat sy begin werk.
Sy is baie lief vir kuier rondom ‘n vuurtjie, en sy kry maklik koud – daarom sal jy haar gereeld aantref voor die binnebraai in haar huis. Haar oorlede man het haar geleer braai en sy onthaal graag vriendinne op die manier – sy braai en hul hou haar glas vir haar vol.
Sy hou van oop ruimtes met ‘n voorliefde vir Afrika-bosveld.
Vir haar is die belangrikste bestanddeel in haar lewe humor en die vermoë om te lag – vir haarself en saam met ander.
Spesiale Gasspreker:

Liesl Cronje
(Thyme2B)
Het jy geweet dat daar net een is soos jy!
En dit is my roeping om jou daaraan te herinner. Jy weet mos hoe die lewe draaie met ons stap sodat ons naderhand ons identiteit vind in dit wat met ons gebeur, waar ons bly, wat ons besit, of wat ons doen. Maar hierdie vorme van identiteit is nie wie ons is nie. Psalm 139:13 – 15 leer ons dat elkeen van ons in liggaam, siel en gees fyn aanmekaar geweef is deur ons Vader in die hemel. Uniek, met ons identiteit gesetel in Hom.
Dít is waar alles oor ons begin..
Liesl grond haarself in waardes soos egtheid, sagmoedigheid en moed/durf, en haar natuurlike sterkpunte lê in empatie, kommunikasie en die ontwikkeling van ander. As loopbaan-tot-roeping coach en mentor help sy ander vroue om hulle identiteit en roeping binne werk te verstaan en met oorgawe te volg. Sy noem haarself ook ‘n ‘droom-afstoffer’. Sy is die eienaar en stigter van Thyme2B coaching and facilitation, waar sy individuele- en groeps- coaching, vroue leierskapsontwikkeling en opleiding oor loopbaan en identiteit doen.
Sy het voorgraads in Bedryfsielkunde studeer, ‘n diploma in Coaching verwerf en later ook ‘n MPhil graad in Hoër Onderwys om haar as praktisyn binne die Hoër Onderwys omgewing te kwalifiseer.
Liesl is getroud met Pierre, is ma van drie volwasse kinders wat reeds getroud is en ouma van vier kleinkinders. Haar gunsteling plek is met haar tone in die sand en die klank van die see in haar ore, of aan die skryf in haar Levinia-se-blog. In haar vrye tyd groei sy eetbare blomme en kruie in haar man se akwakultuur-tonnel en beplan aan nuwe produkte in haar en haar dogter se kreatiewe skryfbehoefte besigheid.
Laastens, as borskanker oorwinnaar fasiliteer sy ook spasie aan borskanker pasiënte om hulle proses van behandelinge en verandering te navigeer.
Spesialiste:
Spesialiste van die omgewing vorm deel van die kernspan vir ‘n optimale verkwikking van liggaam-, siel- en gees.

